"En hulle het volhard in die leer van die apostels

en in die gemeenskap

en in die breking van die brood en in die gebede."

handelinge 2:42 

Apostel PJ Erasmus South Afrika 

Filippense 1:27 7 JULIE 2024

“Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.”  Ons mag onsself nie bekommer nie, volgens Josua 1:9!, maar ons moet vol moed wees. Ons almal moet besef en dit gedurigdeur vir onsself sê dat ons krag en Godheid kom nie vanuit ons eie-wysheid nie, maar dat ons Geestelike bekwaamheid en ons gawes vanaf God kom. (Lees II Kor. 3:5).  Probleme en druk van die lewe het ‘n vervaldatum, maar los dit asseblief in die hande van God. Geen wêreldse wysheid, lewensafrigting, opleiding of menslike raad, kan ons lei tot in die Rus van God nie.  Ons moet onsself vestig op die onsigbare wat Ewig is. Ons Heiligmaking word volgens geskrifte volbring in die vrees van God. God bekommer Hom nie oor die Engele nie, maar oor die geslag van Abraham (Heb.).  Laat ons as Apostolies dan vasstaan en die dwalendes, soekendes en bekommerdes help en bystaan deur die Genade van die Here aan hulle te bewys om sodoende hulself as geheel aan Sy werk oor te gee, soos ons al jare en dekades doen (Judas 22, 23 en 25).  Waarlik; dan kan ons almal die woorde van Apostel Paulus aan die Filippense herhaal en uitbasuin aan almal: “En my God SAL elke behoefte van julle vervul na Sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.”

Stories told in pixels

We pride ourselves on our adaptability and commitment to excellence in every aspect of our service. Explore what we have to offer and how we can contribute to your success.

Stories told in pixels

We pride ourselves on our adaptability and commitment to excellence in every aspect of our service. Explore what we have to offer and how we can contribute to your success.